SPORT EN ONTSPANNING FASILITEITE
ROYAL BAFOKENG SPORTS PALACE in Phokeng
ISAA Award for Excellence in 2000
Aanvanklik was Waterston Weyer Roon Argitekte gevra vir 'n voorstel vir 'n pawiljoen rondom 'n informele sokkerveld. Dit het gou ontwikkel tot 'n volgrootte stadion soos wat die entoesiasme vir die projek toegeneem het en die potensiaal vir die gemeenskap werklik geword het. Planne was voltooi vir 'n 15000 toeskouer sokker en atletiek stadion met 'n swembad kompleks, tennis en netbal fasiliteite. Op tenderstadium gee die Bafokeng Raad 'n instruksie om die aantal sitplekke na 40000 te vergroot, sonder verandering aan die wespawiljoen of vertraging van die werk. Die gevolg hiervan was 'n wanbalans tussen die hoof wes pawiljoen en die groter oos pawiljoen.